Nog mense sterf in volksoord aanvalle

Verskeie moorde, wat wissel in graad van wreedheid, het die afgelope weke weer sy tol geëis onder volksgenote.

Die polisie van Welkom soek na die moordenaars van mnr. Coen Hanekom (78), ’n bejaarde inwoner van Welkom.

Hy is op 9 November by sy huis, in die Dagbreek gebied, vermoor gevind. Hy het verskeie meswonde gehad, en ook kopbeserings opgedoen.

Hy is eers na die Bongani-hospitaal geneem, maar moes inderhaas oorgeplaas word na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein.

Hy het egter nie die wrede aanval oorleef nie en is later in die hospitaal oorlede.

In ’n tweede voorval is die bejaarde mev. Rita Roux op die Roux-egpaar se hoewe buite Calitzdorp aangeval.

Sy is inderhaas hospitaal toe geneem, maar haar beserings was so erg dat dokters niks vir haar kon doen nie. Sy is kort daarna oorlede.

In ’n derde voorval is Shannon Roberts (18) op 14 November deur ’n onbekende aantal swartes aangeval en vermoor.

Sy het saam met ’n vriendin gewoon in Winkelspruit naby Amanzimtoti.

Haar lewelose liggaam, wat erg vermink was, is deur haar vriendin gevind in die omgewing van die Warnadoone Lifesaving Club. Haar selfoon is al wat vermis word.