’n Toename van 35% in Suid-Afrika se superrykes gaan oor die volgende tien jaar plaasvind met 65,700 individue wat in hierdie kategorie sal woeker.
Individue word as superryk beskou deur die navorsingsfirma, “New World Wealth” wanneer hulle netto bates van R11,3 miljoen of meer besit, en waarby die primêre woning van die persoon nie ingesluit is nie.
Die groei in die land se superrykes was van 2000 tot 2013 ‘n indrukwekkende 145% met meer as ‘n verdubbeling van 19,900 tot 48,700.
Die meeste superrykes, sowat 23,400 van hulle, woon in Sentraal-Transvaal en is bykans die helfte van hierdie bemiddeldes in die land. Daarna volg Kaapstad met 9,000,
Volgens die “Africa Wealth Report” belemmer voortslepende kwessies soos politieke en arbeidsverhoudinge die prestasie van superrykes in Suid-Afrika.
Die hoof van navorsing by die maatskappy, Andrew Amoils, het ook gewaarsku teen regerings-ingryping in die ekonomie, veral ten opsigte van die regulering van grondeienaarskap. Hy het spesifiek die gevolge van die grondgrypery in
…Hoekom meet hulle nie die persentasie wat die mense verarm….want niemand se rykdom val uit die lug …dit is iemand anders se geld wat in daardie persoon se rekening beland …( eerlik of oneerlik )Die helfde en meer van ons BEE broers het aandele gekry …nie verdien …gekry omdat hy swart is …
Desmond;
Ek het op ‘n dag in die hospitaal deurgebring vir ‘n geringe operasie. Saam met my was daar ‘n ou wat kanker gehad het. Hy was ook ‘n miljoenêr.
Lang storie kort. Hy het my ‘n offer gemaak. My gesondheid in ruil vir sy miljoene.
Sy standpunt was dat hy met my gesondheid weer ‘n miljoenêr kan word.
Een van mandela se beloftes wat waar geword het. hy het mos belowe dat hulle die rykdom sal herverdeel.
Groetnis.