Nkandla – Zuma steeds onveilig

Die ANC regering het nou wel R246 miljoen spandeer om Nkandla te beveilig vir die president, maar die eersteburger is nog steeds onveilig in sy eie huis.

Dit is een van die bevindinge wat nou in n geheime, voorlopige verslag vervat is van die ad hoc komitee oor Nkandla.

Die bevinding is een van verskeie wat deur die komitee vervat is in n verslag wat geheim gehou, maar wat intussen aan die media gelek is.

Die voorlopige verslag bied glo nie oplossings of bykomende aanbevelings oor hoe die president se privaat woning verder beveilig kan word nie.

Intussen het ANC parlementslede glo hulle ontevredenheid uitgespreek oor die “onvelige” omstandighede by Nkandla.

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het in n verslag oor Nkandla te kenne gegee dat

Die huis nie behoorlik beveilig is nie en dat die polisie n veiligheids-ontleding van die perseel moet opstel.

Intussen is die polisie glo besig om agt klagtes teen pres. Zuma te ondersoek na beweerde korrupsie.

Blykbaar het departemente soos Openbare Werke, Staatsveiligheid, polisie en selfs Verdediging nalatig opgetree met die veiligheidsmaatreëls by Nkandla.