Nkandla – Twaalf is "skuldig"

Met ywer is gewerk om te bewys dat die land se president onskuldig is aan die verkwisting met die opgradering van die Nkandla-kompleks, en is daar nou blykbaar twaalf skuldige amptenare met wie “skikking” bereik gaan word.

Die twaalf amptenare is nou hoog ontsteld omdat hulle die skuldiges gemaak is vir die besluite van seniors, waaraan hulle uitvoering moes gee.

Die twaalf het nou gevra dat hulle tugverhore saamgevoeg word as ’n eenheid, want hulle moet nou instaan vir ander se besluite.

Kenners sê dit is soortgelyk aan die gemors van die Gupta-vliegtuig episode, toe Nommer Een se opdrag uitgevoer is en die amptenare die skuldiges gemaak is sodat Nommer Een kon vryspring.

Die twaalf amptenare eis noudat ’n behoorlik saamgestelde kommissie die aangeleentheid verder ondersoek, aangesien hulle nie die besluitnemers was nie, maar wel die uitvoerders daarvan.

Nou word die Minister van Openbare Werke, Thulas Nxesi, die man wat glo ’n voorgestelde skikkingsooreenkoms met amptenare moet aangaan.

Die amptenare word beskuldig dat hulle van die tender-prosedures afgewyk.