Nkandla polisiehoof ‘n dief?

Die polisie se bevelvoerder by die Nkandla-polisiekantoor word aangekla van voertuigdiefstal, maar bewerings word gemaak dat hy ook aangekla word vir moord.

’n Opposisieparty beweer glo dat lt.kol. Bongani Xulu ook op ’n klag van poging tot moord in hegtenis geneem is.

Kol. Jay Naicker, ’n polisiewoordvoerder, sê daar is tot hede geen rekord van so ’n klag wat onder sy aandag gekom het nie.

Xulu het glo gesê die mense neig om vals inligting rond te stuur, en beweer dat hy nog nooit in hegtenis geneem is nie, en al die stories is twak.

Die Vryburger kon nie daarin slaag om behoorlike, en korrekte inligting oor die aangeleentheid te kry nie.