Die NG Kerk het nog glad nie die Belhar-belydenis as ’n belydenisskrif aanvaar nie, het prof. Nelus Niemandt, die moderator van die Algemene Sinode, van dié kerk gesê.
Die verklaring is gemaak nadat die liberale Afrikaanse koerante van Netwerk24 n uiters verwarrende berig geplaas het wat die indruk geskep het dat die kerk met ’n oorweldigende meerderheid die omstrede belydenis aanvaar het.
Etlike jare gelede het selfs die Roomse Katolieke verklaar dat die Belhar dokument nie ’n belydenisskrif is nie, en hoogstens as ’n beswaarskrif beskou
Die NG Kerk is nog in ’n proses om ’n finale besluit te neem. Gemeentes en streeksinodes word tans as deel van die proses gebruik wat hulle siening moet gee oor die Belhar-dokument.
‘n Dans op ‘n warm plaat, of kry iemand nou koue voete?
Lidmate wat dros?
Geld wat nie meer instroom nie?
NG Kerke wat deur die Islam opgeraap word?
Predikante wat ander heenkome soek?
In Europa word honderde Kerke nou opgekoop en in besighede omskep.
Daar tref jy hom in die kol! Arnold
Dit gaan maar net oor geld. Beginsels kom sleg tweede.. Weet net: die Almagtige G-D slaap nie.
Bely of dans?
Hierdie Niemandt-belydenis dat die Belhar-belydenis nog nie deur die NG Kerk aanvaar is nie, is van groot belang vir die behoudendes wat nog in die NG Kerk is, u mag dit nie vergeet wanneer rewolusionêres misleidende berigte oor Belhar die wêreld instuur nie. Kyk maar bv. na hierdei ebrig wat Neels Jackson van Beeld geskryf het, dieselfde inhoud as die inhoud van Niemandt se verklaring bo, nie waar nie?
Vrydag 23 Augustus 2013
As die NG Kerk finaal sou nee sê vir die Belhar-belydenis, sal dit baie sleg wees vir lidmate vir wie dit reeds ’n belydenis is, het prof. Nelus Niemandt, moderator, gesê.
Op ’n vraag oor watter scenario oor die kerk se hantering van Belhar hom laat wakker lê, het Niemandt verwys na diegene wat ontuis kan voel in die NG Kerk as die kerk Belhar sou verwerp.
Hy dink aan die kerk as ’n tuin wat groei. Saad word gesaai, maar alles kom nie ewe gou op nie. Party kom glad nie op nie. Die Belhar-saad het in dele van die kerk, soos die Wes-Kaap, goeie, vrugbare grond gevind, maar op ander plekke nie.
Daar is mense wat voel hul omhelsing van eenheid, versoening en geregtigheid soos dit in Belhar verwoord word, bevry hulle van die verlede en maak ’n toekoms vir hulle oop. As die kerk Belhar nie aanvaar nie, kan hy voorsien dat daar gemeentes sal wees vir wie hul verhouding met ’n bruin buurgemeente wat Belhar onderskryf belangriker gaan wees as dié met ’n plattelandse gemeente ver weg wat Belhar verwerp.
Niemandt meen as die NG Kerk Belhar sou verwerp, sal dit wyd gesien word as ’n terugkeer na apartheid. Baie gemeentes en lidmate wat reeds positiewe besluite oor Belhar geneem het nie, sal moeilik daarmee kon saamleef.
Hy vra van lidmate ’n ruimhartigheid teenoor mense met ander sienings as hul eie. Daar is in die kerk genoeg wat mense wat hieroor verskil, steeds saambind, het hy gesê. – Neels Jackson
Dus: Vir die oomblik het NG Kerk-lidmate dus twee ewe onbevredigende uitweë om aan te klou: Die Belhar-belydenis of Niemandt se eierdanse. Of korter gestel: Dis of bely, of dans.
-Allan Boessak het geboorte gegee aan die beleidenis as ‘n politieke bal teen Apartheid en as jy saamstem met wat in sy kerk gebeur dan gaan na sy kerk toe . Ons hoef nie saam te smelt met ander nie.
As mense probeer reg lewe dan het hulle nie die Belhar beleidenis nodig nie. Boessak kan bietjie die huidige BEE aangedrewe semi Apartheid ANC aanvat om hulle lelike dade van semi Apartheid te stop. Die ANC gaan hom nie steur aan ons ou kerkie se heilige siening nie en hulle gaan voortleef in hulle Apartheid skande.
Hulle lag al die pad vir ons want al wat dit beteken is dat die NGK fondse meer onder swartes versprei gaan word al is daar miljoene wittes wat swaar kry. Boessak en sy soort se salarisse sal net styg met samesmelting. Dit gaan oor politiek en geld en mens wonder hoe dit dalk ook by die Nuwe wereld orde idee inpas. Baie van ons kerke dra nog die simbole van die vrymesselaars en hulle het nog sterk invloed en hulle is duiwelse huigelaars wat gemeentes gebruik vir kontakte en werk verkryging.
Baie van die leraars is breinbesoedel en hulle redeneer mekaar blind en hulle gaan die kerk vernietig en raai wat—hulle sal op straathoeke moet staan en preek om ‘n paar broodkrummels te kry as meeste die kerk verlaat. Hulle moet afklim van hulle akademiese redenasies daar hoogt in die takke en terugkom aarde toe na die mense. Ons moet bid vir hulle.
Interessant dat na die stuur van die kommentaar dat ‘n boodskap opkom your comment is awaiting moderation. Nou is die ouens nou deel van die NGK of die staatsbeheerde media of is hulle die tee boys wat verveeld is by Vryburger. ? Is hulle die geloofs polisie of die gedagte polisie.? Miskien kan hulle die persone wat modereer se name en kwalifikasies ook gee dat almal kan sien wie hulle geskrewe be-oordeel. Wel ?
kan die kerk nie verstaan dat ons wil terugkeer na Apartheid nie – ek wil nie saam met hierdie mengelmoes in een kerk wees nie en wil net tussen my eie mense in my eie gemeente ons Hemelse Vader loof en prys – niemand sal my saambind met die gesante van satan nie en niemand sal my dwing om hulle sienswyse in te sien nie – laat hulle op hulle eie gaan – al die geld gaan na die wereldraad van kerke om terroriste te bevonds om wapens aan te koop en hulleself te verryk – Vader se moet nie die wereld dien nie maar slegs vir HOM!!!
Rens ek hou van wat jy hier gesê het……..
Die “gemors” glo dan in voorvader geeste! ….. Daar staan OOK so mooi in Die Woord, Sy Volk MOET APART! WEES!
Dit verg semantieke vaardigheid met filosofiese liggaamstaal en politieke verfyndheid om die kontemporere sosio-aanvaarbares te versoen met die Bybel… Hoe meer dominees in die politiek hoe gouer oorhandig ons ons land aan die arme ‘naastes’…
Waarheid….
Doen tog jou klong van hierdie uitskot aarde ( Tankwa ) n guns en herhaal wat jy hier te segde gehad het?
Het toendertyd nie hierdie ‘ bel haar hier en bel haar daar ‘ onder die knie gekry nie.
So’t jou klong mos eendag innie Gardens Tuynhuis n burger & chips ( nie daai simpel [TB]burger pattie nie ) – loop afwurg…..en opgestap Sinode Saal-toe.
Daar was ooms. En nog ooms. Silwer Angora snyerspakke en mooi grys skoentjies. En toe nog ooms. En toe vat oom dsTappies Moller die microphone…..veeg sy voorhoof met sy sakdoek af en seg : ” Dir verg semantieke vaardigheid met filosofiese liggaamstaal en politieke verfyndheid om die kontemporere sosio-aanvaarbares te versoen met die Bybel “.
Herder man! Moes twee keer kyk of ek kon sweer ou Pik was aan die woord!
( Ek kon my nie verder toe wil sit en intelligent hou nie…..want toe le ‘burger’ se kind reeds oppie grond. )
Anners as oom Tappies se relaas……wat innie d*nner gaan hier aan ?
Sien uit na n repliek wat agterbankers sal verstaan.
Dienswillig u’sn.
Dan Dan the Banjo Man.
aka Ruiter ( Fiona se agter-die-kop-kyker. )