Nederlandse mynhuis kry wind van voor

’n Nederlandse mynhuis, Anker Kole, staar vervolging in die gesig nadat die Blou Skerpioene ’n strafregtelike klag aanhangig gemaak het.

’n Woordvoerder van die Blou Sker­pioene sê die bestuur van die steenkoolmyn buite Ermelo kon nie hul vereiste water-lisensie op aanvraag toon nie wat daarop neerkom dat hulle met onwettige mynbedrywighede doenig is.

Blykbaar het die Departement Waterwese vroeër opdrag gegee aan Golfview myn om die onwettige gebruik van water te staak, maar die versoek is klaarblyklik geïgnoreer.

Golfview mag voortaan nie water gebruik nie, wat meebring dat hul mynbedryf tot stilstand kom totdat ’n wettige water-lisensie bekom is.