Namibiese opposisie wil later stem

Uitspraak is tot Woensdag voorbehou oor ‘n dringende hofaansoek in die Windhoekse hooggeregshof om die parlementêre en presidensiële verkiesing wat Vrydag in Namibië gehou gaan word, uit te stel.

Die aansoek is deur August Maletzky van die Sentrum vir Afrika Arbeid en Menseregte gedoen namens drie van die opposisiepartye, die “Rally for Democracy and Progress” (RDP), “Workers Revolutionary Party” (WRP) en die “Namibia Economic Freedom Fighters” (NEFF).

Die hof is onder meer versoek om die gebruik van elektroniese verkiesingsmasjiene te stop omdat dit nie ‘n verifieerbare papierspoor laat van elke stem wat deur ‘n kieser uitgebring word nie.

Maletzky het dit ook teen nuwe wetgewing wat onlangs oor die gebruik van die masjiene gepromulgeer is.

Die opposisiepartye het regter Kobus Miller versoek dat die verkiesing tot Februarie aanstaande jaar uitgestel moet word.