Moordenaar 30 jaar tronk toe

Die moordenaar wat mnr. Gert de Beer op 10 Oktober verlede jaar op sy plaas, Spioenkop, buite Witrivier vermoor het, is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis.

De Beer het aan sy wonde beswyk wat hy tydens die wrede aanval toegedien is en sy vrou Nicolina (Lina) de Beer is drie maande daarna aan ‘n hartaanval oorlede.

Welcome Zenezela Bulunga (22 jaar) is in die rondgaande hooggeregshof in Nelspruit deur Regter Peter Mabuse 25 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op De Beer. Hy is tot 12 jaar tronkstaf gevonnis op ‘n klag van roof met verswarende omstandighede. Sy onregmatige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie het onderskeidelik vier en twee jaar tot die vonnis gevoeg. Mabuse het beveel dat Bulunga slegs 30 jaar hiervan effektiewelik sal uitdien.