Misdaad strem ontwikkelende lande ekonomies

Die voortdurende misdaad, wat veral op georganiseerde omgewings konsentreer, en waarvan die omset jaarliks soveel as R750 miljoen tot R2.2 miljard beloop, is die hoofrede waarom ontwikkelende lande van uitstekende geleenthede beroof word.

Die hulp wat aan hierdie lande toegeken word, is sowat R1,4 miljard, wat beteken dat die misdaad ’n stremmende invloed het op hulle vooruitgang.

Dit is die standpunt van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) in ’n verklaring wat sopas in Suid-Afrika vrygestel is.

Die ISS is van oordeel dat omgewingsmisdaad in Afrika onverwyld na ’n veel hoër vlak op die agenda geskuif moet word.

Omgewingsmisdaad word hoofsaaklik oor landsgrense heen gepleeg, en kenners meen dat die oor-grens parke wat Suid-Afrika ingestel het, hiertoe bydra om misdaad van hierdie aard te bevorder.

’n Woordvoerder van die Oranje Sakekamer in Pretoria het aan Die Vryburger gesê die misdaad sindikate met hulle netwerke, maak van verskeie lande gebruik om hulle bedrywighede uit te brei.

Hulle maak ook gebruik van mense in daardie verskillende lande, wat beteken dat enkelinge soms betrap word, terwyl die hoof figure steeds voortgaan met hulle aktiwiteite soos renoster stropery en dwelmhandel, het hy gesê.

“Die bekamping daarvan word bemoeilik deur regeringsbeamptes en regeerders wat nie huiwer om saam te speel omdat hulle skuldig is aan korrupte praktyke, soos wat in die die meeste Afrika lande waargeneem word,” het hy gesê.