Min vordering na Nigeriëramp.

Min vordering na Nigeriëramp.

 

Twee maande na die ramp van 12 September by die T.B. Joshua kerkkompleks in Lagos plaasgevind het, sal die minister van die presidensie, Jeff Radebe, binnekort na Nigerië vertrek om te kyk of hy kan help om die oorskot van 81 Suid-Afrikaners wat daar dood is, se terugbring te bespoedig.

Radebe wat deur pres. Jacob Zuma afgevaardig is om na Nigerië te gaan, sê die regering wil uitvind hoe ver daar gevorder is in die afhandeling van DNS-toetse wat deur Nigeriese mediese amptenare gedoen word.

Vir die doel is die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur (Natjoints) aangestel om die tegniese beplanning te koördineer.

Volgens Radebe is die gebruik in Suid-Afrika om oorledenes vinnig te begrawe. Ander lande in Afrika het egter ander gebruike.

Maatskaplike werkers gaan glo intussen voort om die families van berading te voorsien.