Miljoene Rand se dwaelms gevind

Twee mans van Kongolese afkoms, het Maandag in die hof verskyn op aanklag dat hulle in besit was van afrodien, ’n middel wat gebruik word in die vervaardiging van kokaïen.

Afridien ter waarde van sowat R5 miljoen is by die twee smokkelaars gevind deur die metropolisie van Johannesburg nadat ’n wenk ontvang is.

Die twee mans, albei in hulle dertigerjare, is Sondag naby Bezuidenhoutsvallei aangekeer.

Hulle word aangekla van die besit van, en handel in dwelms.