Mevrou Suid-Afrika presteer

Daar was wye glimlagte op almal se gesigte toe Mevrou Suid-Afrika, Sarah-Kate Scott verlede Saterdag op die Johannesburgse Internasionale Lughawe geland het.

Sarah-Kate is 10 weke gelede as Mevrou Suid-Afrika gekroon, waarna sy die geskiedenisboeke herskryf het toe sy as eerste prinses in die Mev. Wereld-kompetisie aangewys is.

Radio-omroeper Darren Scott, sê hy het op die internet alles gevolg tot die einde om te sien sy vrou is as eerste prinses aangewys uit die 45 vrou wat vanoor die wêreld aan die kompetisie deelgeneem het.

Dit is die eerste keer dat ’n vrou uit Suid-Afrika die toekenning ontvang.

“Dit is ’n aangename gevoel om terug te wees,” het Sarah-Kate gesê.

Mark (4) en Matthew (1) het saam met pa Darren op die lughawe vir haar aankoms gewag, en die vreugde was waarneembaar met al die glimlagte van haar gesin, vriende en ander familielede.