Merkwaardige dame vermoor

Lynette Pamela Lavender (60), is in September vanjaar op haar kleinhoewe, “Sweet waters”, by Rust-de-Winter in Noord-Transvaal vermoor deur ’n Zimbabwiese man.

Lynette, ’n boorling van die destydse Rhodesië, het vroeg in haar lewe verhuis na Suid-Afrika, en was die eerste vrou in die land wat vir Departement  Buitelandse Sake gewerk het as diplomaat.

Sy het egter met ’n pakket afgetree in die oorgangstyd van 1994 en daarna.

Hierdie merkwaardige dame, het diens gedoen te Lima in Peru, Los Angeles in die VSA, Madrid in Spanje en afgesluit te Mafeking in 1994. 

Sy het ook die onrus in Mafeking belewe en kon ook met so vonkel in die oog vertel oor hoe sommige kollegas optree as hulle dink daar is nood.

Die nuus van haar skielike oorlye, het menige oud-kollega geskok en niemand wat haar geken het kon glo dat so vredeliewende mens so moes sterf nie.

Sy is wreed aangeval deur ’n Zimbabwiër wat haar met ’n byl vermoor het.

Die polisie het die moordenaar in Soshanguve in hegtenis geneem, en saam met hom in die motor was nog 3 ander.

Almal het op 9 Oktober 2014 op aanklag van moord en medepligtigheid in die hof verskyn.