Matriekname nie in koerante

Matrikulante wat geslaag het se uitslae sal steeds gepubliseer word, maar hulle sal nie hulle name vanjaar in koerante kan sien nie.

Slegs die eksamen- en identiteitnommers van kandidate sal verskyn. Die aankondiging is gemaak nadat die Raad van Onderwysministers vergader het. Verskeie sake was op die agenda, waaronder die voorstelle oor die slaagvereistes vir die matrieksertifikaat.

Vroeër vanjaar is voorgestel dat die slaagvereistes vir matriek verhoog moet word. ‘n Taakspan se verslag hieroor sal later gefinaliseer word nadat verdere ondersoek gedoen is.