Man sterf na padwoede voorval

Mnr. Alwyn du Preez (42) van Henley-on-Klip naby Meyerton is die afgelope naweek begrawe na hy in ‘n beweerde padwoede-voorval met ’n bierbottel doodgeslaan is deur ’n taxibestuurder wat hom aangeval het.

Die voorval het op 14 November plaasgevind in die Alberton omgewing waarna Du Preez enkele ure later, in die hospitaal gesterf het.

Sy 14-jarige seun het die aanval gesien, en was erg getraumatiseer. Hy moes later behandeling in die hospitaal ontvang.

Die seun het later vertel dat die taxibestuurder kort op die hakke van sy pa se voertuig gery het en byna met hulle gebots.

By ’n stopstraat het hulle gesien hier kom probleme, en toe hy met ’n skroefsleutel uit sy motor klim, was die taxibestuurder reeds oppad met ’n bierbottel in sy hand.

Voor Du Preez iets kon doen het die swarte hom met die bottel geslaan. Hy het inmekaar gesak en doodstil gelê, waarna die swarte in sy minibus gespring en weg gejaag het.

Terwyl die seun sy pa wou help, het swartes sy beursie en ander goedere uit die motor gesteel.

Die polisie ondersoek ‘n aanklag van moord.