Man in sy bed doodgeskiet

’n Terroris het in die vroeë oggendure van verlede Sondag daarin geslaag om in die meenthuis van mnr. Willem Botha (42) in te breek, na sy kamer te stap, die lig aan te skakel en hom doodgeskiet sonder om ’n enkele geluid te maak.

Toe die lig aangaan, het mnr. Botha wakker geword en hard geskree, wat die terroris blykbaar ontsenu het en dadelik die sneller laat trek het.

Sy vrou en twee kinders was almal vas aan die slaap tot die skoot geknal het.

Die terroris het daarna saam met ’n onbekende aantal ander terroriste, die huis deurgestap en hulle gehelp met selfone, ’n iPad en sy vrou Cheryl se handsak.

Die gesin woon slegs enkele maande in die meenthuis in Fourways, Johannesburg.

Willem was ’n verkoopsman by Kia en het graag in sy vryetyd gehelp met sportafrigting.