Lyke uit Lagos kos miljoene Rand

Die verskuiwing van 74 lyke van mense wat in die TB Joshua kerkramp omgekom het, is teen astronomiese koste terug gebring na Suid-Afrika.

Die Antonov 124-vragvliegtuig wat hiervoor gebruik is het sy vrag by die Waterkloof lugmagbasis aangebring.

Die Massiewe vragvliegtuig, wat die vermoë het om 150 ton te vervoer, word teen ’n koste van R500,000 per dag gehuur om die lyke te gaan haal. Dit is egter net die parkeer tarief. Die vlugkoste is nie daarby ingereken nie.

’n Ander vliegtuig, ’n Airbus A320 straler wat gehuur word om die kapelaan, mediese personeel en lyksbesorgers te vervoer, was  ook in Lagos.

Dit is nog steeds onseker hoeveel lyke nog teruggebring moet word, en of ’n tweede vlug later nodig sal wees om die ander te gaan haal. Die jongste inligting dui daarop dat 11 lyke nog nie geïdentifiseer is nie, en later gehaal sal moet word.

Na bewering is 85 mense van Suid-Afrika gedood, waarvan nou slegs 74 lyke gehaal is.

Die naweek se vlugte het Suid-Afrika sowat R20 miljoen gekos om die 74 lyke te gaan haal. Na wat berig word, moet die regering ’n astronomiese R330,000 per vlieg-uur betaal vir die gehuurde vragvliegtuig.

Die vliegtuig het eers van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) via Uganda op Waterkloof neergestryk, en het daarvandaan weer na Lagos gevlieg.

Kenners meen die lyke kon teen sowat twintig persent van die huidige koste vervoer gewees het as deeglike vooraf beplanning gedoen is.

Meer as 200 mense is vanaf Suid-Afrika na Lagos “om seker te maak die 85 lyke word op die vragvliegtuig gelaai.