Likwidasies het aansienlik verminder

Die aantal besighede wat in Oktober vanjaar gelikwideer was toon ‘n afname en het op 168 geëindig. Op ‘n jaar-tot-jaar basis is dit ‘n vermindering van 11.9%.

Die aantal likwidasies vir Oktober is die laagste sedert April vanjaar en toon veral ‘n aansienlike verbetering by groot- en kleinhandel, asook akkommodasie en spyseniering.

Finansiële ontleders sê alhoewel die tendens ’n bemoedigende teken is, moet daar gewaak word teen oor optimisme.