Ligte brand weer by Pretoria skole

Die elektrisiteitstoevoer van 38 skole in Pretoria is oor die naweek weer aangesluit nadat die provinsiale departement van onderwys onderneem het om die agterstallige skuld aan die metroraad te betaal.

Die departement het onderneem om R10 miljoen van die sogenaamde Seksie 21-skole se skuld te betaal. Vroeër is berig dat meer as R20 miljoen aan die metroraad geskuld word deur Seksie 21, spesiale en onafhanklike skole. Altesaam 140 skole het agterstallige skuld by die metroraad.

Volgens die stadsbestuurder, Jason Ngobeni, was dit  ‘n baie moeilike en pynlike besluit om die kragtoevoer af te sny, terwyl dit eksamentyd is.