Korrupsie verrot Russiese kernreus

‘n Senior amptenaar van die Russiese maatskappy wat deelneem aan die bod vir Suid-Afrika se triljoen rand kernprogram word in Amerika daarvan aangekla dat hy R18 miljoen se omkoopgeld aanvaar het.

Die direkteur van Rosatom se afdeling vir brandstofvoorsiening, Vadim Mikerin, is deur die FBI in hegtenis geneem. Hierdie afdeling voorsien bykans die helfte van die verryke uraanbrandstof wat by die Koeberg-kernkragstasie gebruik word kragtens ‘n ooreenkoms wat vroeër deur president Jacob Zuma gesluit is.

Rosatom het die afgelope drie jaar meer as 270 amptenare weens korrupsie-verwante aanklagte afgedank, aldus ‘n onlangse Greenpeace-verslag

Die onthullings bring nuwe vrae na vore oor die moontlikheid van ’n kontrak vir Suid-Afrika se kernkrag-projek wat reeds opslae veroorsaak het.