Kondensmelktert

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

In hierdie reënerige weer is almal lus vir ietsie soet. Hierdie week se bydrae het ‘n heerlike soet-suur kombinasie. Geniet dit!

Kondensmelktert:
2 blikkies kondensmelk
500 ml Room 
1/2 kop Lemmetjie sap 
1 eetlepel lemmetjieskil gerasper (fyn)
1 pakkie cream cra
ckers of tennis beskuitjies

Metode:
Meng die kondensmelk en room in ‘ n mengbak 
Gooi die lemmetjie sap by en klits totdat die dik word ongeveer 1 minuut
Gooi van die vulsel onder in ‘n diep bak ongeveer 20cm deursnee
Pak een lagie koekies 
Gooi weer van die vulsel oor en pak weer koekies – eindig met die vulsel
Sprinkel die lemmetjie skil oor 
Sit in die yskas vir ongeveer 4 ure of oornag voor opdiening