Juwelier gewond en beroof

’n Bekende juwelier van Kimberley in die Noord-Kaap is gewond en beroof van sy kosbare juweliersware waarna die winkel geplunder is.

Die juwelier is Saterdag besteel nadat twee gewapende boewe die gebou ingestorm het en die man beveel het om sy juweliersware en kluissleutels te oorhandig.

’n Geveg het ontstaan nadat die juwelier geweier het om gehoor te gee, en kort daarna is hy geskiet.

Lt. Andrea Cloete het later gesê die twee swartes, waarvan een in polisie-uniform geklee was, het die juwelierswinkel binnegegaan en die eienaar met ’n vuurwapen aangehou.

Nadat hulle die eienaar geskiet het, is sy hande en voete vasgebind. Die twee swartes het daarna in ’n wit BMW op die vlug geslaan.

Die polisie is met ’n intensiewe soektog besig om die twee boewe aan te keer.