Jong IT-bedrieër skep miljoene

‘n Man van Ga-Rankuwa wat in verband met bedrog aangekeer is, word ook verbind met ander sake waarby multi-miljoene rande betrokke is.

Die voormalige IT-werknemer, Israel Busang (30 jaar), is deur die Valke in hegtenis geneem nadat die bestuur van Gautrein agtergekom het hy het die finansiële rekords van die maatskappy se personeel gedupliseer en het toegang gehad tot bankrekeninge waarin salarisse inbetaal word.

Busang is enkele weke gelede ontslaan omdat hy glo nie na wense presteer het nie.

Dit het tydens sy verskyning in die Johannesburgse gespesialiseerde handelshof aan die lig gekom dat hy ook bedrogaanklagte van R48 miljoen in die gesig staar weens diefstal van geld by die Suid-Afrikaanse Poskantoor.

Die Valke verwag om nog inhegtenisnemings te doen.