Interpol vra publiek se hulp

Vir die eerste keer in dekades het Interpol ’n beroep gedoen op die internasionale burgery vir hulp in ’n poging om nege vermeende grootkoppe in die sindikaat-wêreld vas te vat.

Die nege grootbase wat betrokke is by misdade soos onwettige visvangs, handel in wildsoorte, handel in plantegroei wat beskerm is, en selfs die vernietiging van woude in die wêreld, is van die ergste oortredings wat glo gestop moes word.

Dit kan glo net suksesvol gestop word as die burgery in die verskillende lande meer oplettend is, en enige vermoede van sulke misdade onder die aandag van Interpol bring.

Die grootbase is almal voortvlugtende kriminele.

Feisal Mohammed Ali, is vermoedelik die hoof van ’n sindikaat wat ivoor uit Kenia smokkel.

Die ander misdadigers is Ahmed Karan; Adrio Giacobone; Ariel Bustamante Sanchez; Ben Simasiku; Nicolaas Duindam; Sergey Darminov; Sudiman Sunoto en Bhekumusa Mawillis Shiba.

Foto – Feisal Mohammed Ali