Inflasie bly onveranderd

Verbruikersinflasie (VPI) het vir Oktober jaar-op-jaar onveranderd teenoor die vorige maand op 5.9% geëindig.

Alhoewel dit binne die teikenband van 3% tot 6% van die S.A. Reserwebank val is dit steeds ongemaklik op die boonste vlak.

Die maand-op-maand prysstyging was 0.2%. Die grootste bydraers to die hoë inflasie bly steeds voedsel, huishoudelike items en –dienste en vervoer.

Dit word op hierdie stadium verwag dat inflasie in die komende maande verder sal verlaag.