Hy ontdek toe die moordwapen

Die dapper optrede van mnr. Chris Immelman (73) het daartoe gelei dat sy aanvallers op die vlug geslaan het toe hy met pantoffels aan sy voete, en sy vuurwapen in die hand, twee swartes wat hom blykbaar wou vermoor, die skrik op die lyf gejaag het.

Maar toe hulle dink hulle kan op die vlug slaan, keer hy hulle voor en verplig hulle om op die grond te sit tot die polisie opdaag.

Twee weke later ontdek hy dat die twee sy dood beplan het, want die lang slagmes wat hy op die erf ontdek het, was netjies versteek waar hulle deur hom aangehou is.

Immelman woon reeds jare op sy kleinhoewe, Wenpaal, waar hy die versteekte mes ontdek het.

Hy sê hy het die mes op dieselfde plek gevind waar hy hulle aangehou het tot die polisie opdaag.

“Dit was nie ’n vriendskaplike besoek na hom en sy vrou (65) nie, maar ’n besliste poging om ’n moord te begaan”, het hy gesê.

Hy het ook daarop gewys dat die polisie traag was om die moordwapen te kom afhaal by sy woonplek, want hy wou nie daaraan raak nie.

’n Politieke waarnemer hat later opgemerk dat sy navrae by die polisie oor die voorval, niks opgelewer het nie, en dat daar glo nie rekord is van die voorval nie.