Hospitale nou volksmoord-sentrums?

Ernstige kommer heers op die oomblik onder verskeie ontleders en waarnemers dat die talle sterftes in hospitale en by klinieke, deel kan uitmaak van die volksmoord op blankes in die land.

In die afgelope tyd het te veel mense, waaronder bejaardes, onverwags te sterwe gekom terwyl alles daarop gedui het dat die pasiënte besig was om volkome te herstel.

Na verneem word het vyf pasiënte in een maand by ’n spesifieke hospitaal gesterf wat almal glo gevalle was waar beterskap bespeur is. Van die pasiënte sou binne dae ontslaan word, maar is blykbaar onder vreemde omstandighede dood.

’n Woordvoerder van Projek 2010 sê as die gegewens korrek is wat onder sy aandag gebring is, dan is dit duidelik dat hospitale, klinieke en selfs tehuise vir bejaardes nou deel van die sagte teikens is waarheen die volksmoord uitgebrei word.