Hospitaal in oorlog gewikkel teen rotte

’n Hospitaal in Indore, suid van Delhi, het oorlog verklaar teen die derduisende rotte wat in en om die hospitaal leef.

Die bestuur van die hospitaal het ’n plaagbestryding maatskappy genader om die stryd teen die erge plaag te voer.

In die eerste rondte is sowat 4,500 rotte met lokaas uitgewis, maar dit is glo ’n nog lank nie die totale rotbevolking van die gebied nie.

Na raming is daar nog sowat 10,000 rotte wat gedood moet word, en moet die plaagbestryding maatskappy al sy vernuf toepas om die rotte sovêr te kry om die lokaas te vreet.

Die rotte is uiters sensitief vir wat gevreet word, en as lokaas eenkeer gevreet is en rotvrektes van ’n bepaalde familie veroorsaak het, sal die ander rotte in die familie nie weer daarvan vreet nie, en moet ’n nuwe “mengsel” saamgestel word.

Die plaagbestryding firma gebruik byvoorbeeld een keer botter as lokaas saam met die gif, en ’n volgende keer weer grondboontjiebotter, en dan weer aartappelkoekies.

Die hospitaal, wat beddens het vir 950 pasiënte, bestaan uit sewe groot geboue. Sowat 1,100 buitepasiënte word deur die hospitaal bedien.