Hoofdirekteur geskors weens bedrog

Die Hoofdirekteur in diens van Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele sake is geskors weens ’n kullery met sowat R40 miljoen.

Die direkteur het glo ’n munisipaliteit in Wes-Transvaal uit meer as R40miljoen gekul in die vier jaar wat hy die pos beklee het.

Die skelmstreek is deur minister Pravin Gordhan in die parlement bekend gemaak.

Lede van die opposisie wou by die minister weet watter nut daar in sy strategie en maatreëls is om besparings te bewerkstellig as die amptenary hulle ampte misbruik om met skelmstreke die besparings te neutraliseer.

“Die korrupsie duur voort en dit is duidelik dat die ANC nie bevoegd is om die skelms in sy eie geledere vas te vat nie”.

Die opmerking is gemaak deur ’n woordvoerder van die Oranje Sake Instituut na aanleiding van die bekendmaking in die parlement.

Khotso Khasu se maatskappy het na bewering miljoene Rand van die Naledi-munisipaliteit geëis vir die oprigting van HOP-huise, en straatligte wat nooit gebou is nie.

Te midde daarvan, is hy later aangestel as hoofdirekteur terwyl hy nie ’n sent terugbetaal het van die miljoene wat hy gesteel het nie.

Hy ontvang nou ’n salaris van net minder as R1 miljoen per jaar.

Foto – Pravin Gordhan