Honderde onwettige taxi operateurs

Honderde taxi-operateurs in Sentraal-Transvaal wat veronderstel is om met ’n wettige permit geregistreer is, doen hulle werk met permitte wat reeds verval het.

Na raming is daar in dié provinsie sowat 1250 minibus taxi operateurs wat nie oor ’n geldige permit beskik nie, en derhalwe onwettig op die paaie ry as taxi’s.

In die provinsie is meer as 60,000 minibusse wat daagliks as taxi’s rond jaag om werkers by hulle bestemming te bring.

Die permitte, wat elke sewe jaar hernu moet word, dien as lisensie om as taxi operateur te werk, maar ’n toenemende neiging om nie te herregistreer nie, word ondervind.

Blykbaar is talle operateurs onwillig om weer te registreer aangesien die proses om geregistreer te kom, lank en tydrowend is.

Dit blyk dat menige nuwe taxi operateurs ’n minibus aanskaf, en dan net begin werk as taxi, sonder om te registreer. Dit veroorsaak weer ongelukkigheid by diegene wat geregistreer het, wat meen hulle moet die proses deur worstel terwyl ander dit summier ignoreer.

Die nuwe neiging bring ook mee dat talle minibusse, wat hoegenaamd nie padvaardig is nie, op die paaie is en mense se lewens in gevaar stel.