Handel in onderwysposte bekyk

’n Taakspan gaan ondersoek instel na bewerings dat onderwysposte verkoop word.

Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het die span aangestel nadat daar in nuusberigte aangevoer is dat amptenare, insluitende diegene wat vir vakbonde werk, betrokkke is by die verkoop van poste.

Hiervolgens het lede van die vakbond, Sadtu, na bewering poste vir hoofde en adjunk-hoofde by skole vir bedrae beginnende by R30 000 elk verkoop.

Daar is egter meer vakbonde as net Sadtu betrokke by hierdie tipe omkopery, aldus die Nasionale Kongres van Skoolbeheerliggame. 

Foto – Angie Motshekga