Grondgryp sal oor land uitbrei

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) het belowe dat die poging tot grondgrypery by Nellmapius op die ou Bronkhorstspruit-pad in Pretoria-Oos regoor Sentraal-Transvaal en Suid-Afrika gaan versprei.

Die georganiseerde poging van die EFF om plakkers te gebruik die Nellmapius-grond te beset, is egter deur die metropolisie gefnuik.

Die stuk grond is vir laekoste behuising geoormerk. Volgens die EFF se propaganda word die huise egter nie vinnig genoeg opgerig nie. Die mense sou daarom glo “geregtig” daarop wees om die grond te beset om hulle eie huise te bou en is daar niks onwettig omtrent die grondgrypery nie. Voertuie is gebruik om sink en ander boumateriaal na die gebied aan te ry.

Die metropolisie het met rubberkoeëls losgebrand toe die skare hulle met klippe gegooi het. Die groep is daarna uiteen. Die huis van die ANC se raadslid in Nellmapius, Precious Marole, is egter later deur inwoners in die gebied geplunder.