Gromar presteen in tenniskampioenskappe

Op 24 en 25 Oktober het die BCVO se Landswye Tenniskampioenskappe plaasgevind te Groblersdal.

Daar was ‘n groot aantal inskrywings vir vanjaar wat veral in die hoërskool afdeling talent opgelewer het.

Gromar se leerlinge wat deel van die Oos-Transvaal span was, het baie goed gevaar  en die spanning het telkens hoog geloop. 

 

Die tennisspelers het die volgende plekke behaal: 

Wian Smit (0/10) het in die 3de posisie geëindig.  Derik van der Ryst en sy dubbelsmaat het in die 0/10 afdeling ‘n 1ste plek met die dubbels behaal. 

Lean Vosloo (0/12) het ‘n algehele 1ste plek behaal

en Ebert van der Ryst (0/12) behaal ‘n 2de plek.  Hulle was ook dubbelspel maats en het die dubbelsspel gewen. 

Jandré Terblanche (0/14) behaal ‘n 1ste plek

en wen ook sy dubbelsspel saam met sy spanmaat.

Jacques Vosloo (0/16) eindig 1ste in die enkels

en Harmen Potgieter eindig 2de.  Jacques en en sy dubbelsmaat verower ook ‘n 1ste plek. 

 

Marcelle Potgieter was ook eerste in die 0/16 enkels. 

 

Groblersdal se inwoners het na afloop van die kampioenskappe al die deelnemende leerlinge geluk gewens en bevestig dat hulle baie trots is op die span wat meehelp om die skool se naam hoog te hou!