Geweld breek los in VSA

Ernstige voorvalle van geweld het losgebars in die Amerikaanse deelstaat Missouri nadat ’n polisiebeampte nie vervolg is weens sy optrede teen ’n skoolkind nie.

Die geweld het losgebreek in die dorp Ferguson nadat ’n jurie besluit het om ’n polisiebeampte nie te vervolg wat etlike maande gelede ’n swart leerling doodgeskiet het wat in konfrontasie met die beampte was.

Die blanke polisiebeampte, Darren Wilson het die 18-jarige Michael Brown geskiet na hy ’n speelgoedgeweer op iemand gerig het.

Die tiener het glo nie ag geslaan op die waarskuwings van die polisieman nie, en omdat die die beampte nie bewus was daarvan dat dit ’n speelgoed wapen was nie, het hy blykbaar geen keuse gehad as om die swarte te skiet nie.

Swart inwoners het nadat die jurie besluit het om nie te vervolg nie, begin om motors te beskadig en geweerskote is afgevuur.

Heelwat later is verneem dat pogings aangewend is om geboue aan die brand te steek, wat egter deur die polisie verhoed is deur die betogers met kanon-waterspuite uiteen te jaag.