Geliefde sterf toe klip haar tref

Irene Myburgh (43) is dood toe sy en haar man, Pieter, op reis was van Rustenburg na Pretoria en ’n klip van ’n oorbrug afgegooi is , wat haar onder die ken getref het.

Sy en haar man, wat van skooldae af erg oor mekaar was, en later getroud is, was oppad na ’n hospitaal in Pretoria waar sy Woensdag ’n operasie sou ondergaan.

Die aanval op hulle het Dinsdagaand, omstreeks 8 uur plaasgevind, en word deur kenners as ’n nuwe metode gesien wat toegepas word om blankes te vermoor.

Pieter het aanvanklik gedink hy het teen iets gebots wat in die pad was, maar ’n motoris wat agter hom gery het, kon presies waarneem wat gebeur het.

Pieter sê die slag was so hard, dat haar kop af sou wees as dit nie vir die sitplek se kopstud was nie.

“Ouboet het rustig bestuur. Pa het ons geleer om nie te jaag nie,” het Pieter se broer Hans gesê.

Foto – Pieter en Irene