Die krake in die beton was reeds vroeg waargeneem deur werkers, en is onder die aandag van die bestuur van Majuba-kragsentrale gebring.
Die bestuur was ook in kennis gestel dat die silo waarin die steenkool geberg word, vibreer en selfs tekens van hewige druk getoon het.
Alhoewel die bestuur glo konsultante aangewys het wat moniteringstoerusting aangebring het, is daar niks gedoen om seker te maak dat die silo versterk word nie.
In Junie is vasgestel dat die silo elke 30 sekondes vibrasies toon wat dringende aandag en herstelwerk vereis, maar niks is gedoen nie.
Etlike dae later is die eerste krake in die struktuur waargeneem en aan die bestuur gerapporteer.
’n Paar weke later het die monitor-apparaat getoon dat die vibrasies versnel en werkers het begin weier om naby die silo te gaan.
Uiteindelik het die silo inmekaar gestort en was die steenkool se toevoer na die oonde afgesny.
’n Kundige ingenieur, wat reeds baie werk vir Eskom gedoen het, sê die silo kon wel herstel word as daar betyds aandag aan die probleem gegee is.
Die bas hy sal hom regmak!
Hoekom sal ek nou “worry”? Laat die ander “worry”.
my ouma het altyd gesê…praat eenkeer die waarheid …want `n leun , baar altyd nog `n leun >>>>>
Ek kry gister ‘n Eskom “verskonings” aanbieding onder oog.
In 24 bladsye skyfies en gonswoorde word elke “troos” denkbaar belowe.
Herinner nogal aan ‘n siekte van die moderne “inligtings-era” waar meer en meer mense baie vaardig is om met woorde en prentjies te speel, eerder as om met werklike vaardighede te werk aan die oplossings WAARVOOR ONS, DIE VERBRUIKER, TEN DUURSTE BETAAL!
Die prys van oorgawe raak nou elke jaar meer bitter . . .
Hulle is ” SLAP GAT “en agterlosig .Teveel bekommerd oor wat in die verlede gebeur het en nie omgee oor wat nou aangaan nie. Die Boer hy het hom nie die nuwa een gabau nie nou hy gabreek en die chaled ok hy es gaheet EISH!!!!!!!!!!!!!!