FN stry vir Clive se vrylating

Front Nasionaal is deur die Direkteur van die Menseregtekommissie genooi vir ‘n dringende vergadering na aanleiding van die klagtes van menseregte skendings wat die party in Julie 2014 gelê het namens Clive Derby-Lewis.

Die vergadering sal plaasvind op Dinsdag 25 November om 12:00 middag by die kantore van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie in Braamfontein, Johannesburg. Namens Front Nasionaal sal Hannes Engelbrecht, Willie Cloete en Gordon Fox die vergadering bywoon.

Mev Salome Oosthuizen verteenwoordig die Derby-Lewis familie en die regsverteenwoordigers van mnr Derby-Lewis is ook genooi.