Die volgende ramp by Eskom
Ernstige probleme word ondervind by die kragstasie wat met steenkool aangedryf word.
Volgens Eskom het ‘n vervoerband gebreek en het dit niks met swak instandhouding te doen nie. Hierteenoor word daar aldus binne-inligting aangevoer die aanleg val uitmekaar en die situasie neem krisisafmetings aan, maar waarskuwings daaroor is geïgnoreer. Wolke asrook dryf oor die gebied en al hoe meer mense kla oor asemhalingsprobleme.
Eskom skakel die Lethabo-kragstasie tydens nie-piektye af om die as-vrystellings te verminder. Die betrokke kragstasie verskaf 10% van die kragnetwerk se elektrisiteit.
Die toestand waarin Eskom verkeer, was een van die twee debatte wat tydens die pas afgelope spesiale sitting van die parlement gevoer is.
Die verwagting is dat beurtkrag die naweek toegepas sal word omdat Eskom se elektrisiteitsnetwerk onder kwaai druk is weens probleme wat by Majuba-kragstasie voorkom.
My dorp se krag is al sedert een uur poegaai. Dit gaan al sesuur se kant toe, en nog niks werk nie.
Gelukkig het ek sonkrag.
Lethabo is naby Viljoensdrift, nie Viljoenskroon nie.