Eskom verantwoordelik gehou vir baba-dood

Natasha Marits (25) van die Noord-Kaap is erg ontstel na sy haar baba aan die dood moes afstaan in die Kimberley-hospitaal.

Sy sê sy hou Eskom verantwoordelik daarvoor dat haar baba dood is, want beurtkrag is die oorsaak dat haar vroeg gebore baba dood is, en daarom oorweeg sy nou regstappe teen Eskom en moontlik ook teen die hospitaal, waar die bystand-kragopwekker buite werking is.

Die provinsie se Departement van Gesondheid ontken al die bewerings en  sê die opwekker het al die tyd goed gewerk.

Sy sê die Kimberley-hospitaal se kragopwekker het opgehou werk toe Eskom die afgelope Saterdag beurtkrag toegepas het in die gebied.

Eskom het verlede Vrydag begin om beurtkrag landwyd toe te pas weens ’n tekort van 2,000 MW wat glo veroorsaak is deur kragsentrales wat nie op volle produksie funksioneer nie.

’n Woordvoerder van die hospitaal sê die dokters het hul bes gedoen. Die hospitaal het wel ’n opwekker wat outomaties aanskakel as die Eskom-elektrisiteit afgaan. Die opwekker was heeltyd aan tydens die kragonderbreking.

Foto – Kimberley hospitaal