Eskom-sake is benard

Eskom se wins in die halfjaar tot einde September het met 22,5% tot R9,3 miljard gedaal. ‘n Voljaar wins van ’n skrale R500 miljoen word verwag teenoor die wins van R7 miljard in die jaar wat in Maart 2014 geëindig het.

Die maatskappy se winste het die afgelope drie jaar gedaal en sal na verwagting teen die jaareinde in Maart ‘n wins van R500 miljoen maak.

Verouderende infrastruktuur (en swak instandhouding soos by die nuwe Majuba-kragstasie) en laer elektrisiteitsverkope is van die magdom faktore wat geblameer word vir die uiters swak syfers.

N Eskom woordvoerder het in n verklaring daarop gewys dat beurtkrag ingestel moet word as die hele land nie in donker gehul moet word nie. Hy het ook gemaan dat kragtariewe opwaarts aangepas moet word om die kragreus se boeke te laat klop, want beurtkrag gaan n beduidnde invloed uitoefen op sy winsgewendheid.