Eskom-krakers vasgetrap

Twee jong Eskom-werknemers is in Midrand deur die Valke in hegtenis geneem vir bedrog wat die maatskappy miljarde rande se verliese kon laat ly.

Altwee het in die rekenaarafdeling gewerk en het Eskom se salarisbetalingsbesonderhede op die rekenaarstelsel gekraak. Die meesterbrein agter die hele bedrogspul is ook aangekeer.

In nog ‘n voorval vroeër vandeesmaand het die Valke ‘n voormalige kontrakwerker van die Gautrein-bestuuragentskap vasgetrap omdat hy die rekenaarstelsel gekraak het waar werknemers se salarisbesonderhede op is en sodoende bedrog van tot soveel as R800 miljoen kon pleeg.