Eskom kon die geld gekry het

Gedurende die afgelope boekjaar het die regering en sy amptenary sowat R62 miljard op onregmatige wyse uitgemors en gaan blykbaar afgeskryf word as daar voldoende redes verstrek kan word deur die verskillende departemente.

Die R62 miljard kon, as die land behoorlik bestuur sou word, eerder aan Eskom gegee gewees het om hulle kragsentrales op te rig en in stand te hou.

Dit is die siening van ’n onafhanklike ekonoom na aanleiding van die bekendmaking dat die reuse bedrag onregmatig aangewend is in een enkele boekjaar.

Die verkwisting het plaasgevind voordat die nuwe Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, in die parlement sy planne bekend gemaak het hoe daar bespaar gaan word om die land se geldsake reg te ruk.

’n Politieke ontleder meen die R62 miljard wat onregmatig spandeer is, sal gedurende Februrie volgende jaar aan die sakke van belastingbetalers vat wanneer die begroting vir die volgende boekjaar bekend gemaak word.

Die gebeure staan in kontras met president Zuma se opmerking dat korrupsie niemand skade berokken nie.