Eise teen polisie styg

Siviele eise teen die polisie het oor die afgelope twee jaar in Sentraal-Transvaal tot meer as R4 miljard gestyg.

Die grootste deel van die eise ten bedrae van R3,4 miljard is vanaf April tot September vanjaar ingestel.

Eise oor arrestasies en aanhouding vorm in 2014/15 die oorwig met R3,2 miljard teenoor R493 miljoen in 2013/2014. Aanrandings-eise het van R21 miljoen tot R40 miljoen in die ooreenstemmende tydperke gestyg.