Ebola-begrafnisse bly gevaarlik

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê die gevaar van begrafnisse is nog nie behoorlik onder die aandag van inwoners gebring nie, en menige word besmet deur selfs met die lyke te werk om hulle te begrawe.

Die geweldige toename in voorvalle van besmetting in Siërra leone is ’n bewys dat mense besmet word met die hantering van familielede wat omgekom het weens ebola besmetting.

Die ebola-virus is glo op sy gevaarlikste vir besmetting wanneer die lyk hanteer word, aangesien so ’n lyk hoogs gevaarlik is om besmetting oot te dra.

Die WGO is tans met ’n grootskaalse veldtog besig om die feit onder die aandag van inwoners te bring, maar die ernstige tekort aan werkers bemoeilik die saak aansienlik.

Volgens die WGO het meer as 5,000 mense al die lewe gelaat in Wes-Afrika, en na raming is meer as 10,000 mense besmet met die virus.

Die Rooi kruis het glo toegetree tot die stryd en het self meer as 2,200 mense begrawe om sodoende te probeer verhoed dat oningeligte mense die lyke hanteer.

Intussen het die WGO ’n handleiding opgestel en laat publiseer wat ten doel het om begrafnis-spanne ingelig te kry oor veilige prosedures wat gevolg moet word tydens begrafnisse.