Durbanse klubbaas in hof oor dwelms

Twee mans sal binnekort weer in die hof verskyn nadat hulle in besit van ecstasy-tablette ter waarde van R85 miljoen gekry is.

‘n Bulgaar, Valari Nikolov en die ander een die Durbanse klubeienaar, Gregory Lyris, het in die landdroshof op Middelburg in Oos-Transvaal verskyn, waar die saak teen hulle tot 13 November uitgestel is.

Hulle is deur die Valke by die Middelburg Tolplaza gevang toe die dwelms in hulle voertuig gekry is.

In nog ‘n operasie is drie mans in Westville naby Durban by ‘n huis in hegtenis geneem waar hulle dwelms vervaardig het. Die huiseienaar en Lyris is sakevennote en besit saam verskeie klubs in Durban.