Drie ontslaan uit polisiediens weens diewery

Drie lede van die polisie is ontslaan en daarna weer betrap dat hulle blykbaar betrokke was by motordiefstal.

Die drie het saam 14 jaar tronkstraf gekry na hulle verhoor is in die Brits-streekshof in Wes-Transvaal,

Sello Panane (40), Tsholofelo Lelaka (37) en Oupa Motshegwa (40) is skuldig bevind aan motordiefstal en uit die polisiediens ontslaan.

Lede van die Valke het hulle gearresteer nadat hulle in 2012  wenke opgevolg het oor die drie se bedrywighede.

Voertuie wat in die polisie se skutkamp geberg is, was die teiken van die drie diewe, en hulle het ’n BMW asook ’n Toyota, wat in Rustenburg gestoor was, gesteel.

Beide voertuie is gestoor omdat dit as gesteelde voertuie in ’n ander voorval deur die polisie gevind is en as bewyse moes dien in ’n hofsaak.

Een van die diewe het aanvanklik voorgegee dat die BMW sy motor is wat gesteel is deur ander diewe. Later is vasgestel dat hy nooit ’n BMW besit het nie.