Diefstal van koperkabels styg

Die diefstal van koperkabels neem van maand tot maand toe in Suid-Afrika.

Oor die afgelope vyf maande tot en met Oktober toon die koperdiefstalbarometer van die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid ‘n opwaartse tendens.

Verliese wat in Oktober gely is, het tot R13,2 miljoen vermeerder, teenoor R13 miljoen tydens die vorige maand.

Koperdiefstal was tydens die afgelope vyf maande 43% meer as ‘n jaar gelede volgens die organisasie.  

Die impak van koperdiefstal wissel van kragonderbrekings tot lewensverlies. Voorts plaas dit ook finansiële druk op munisipaliteite om gesteelde koperkabels te vervang.