Die sin van Apartheid.

Hieronder verskyn ‘n klompie hoofopskrifte van berigte wat die afgelope maand in Die Vryburger verskyn het, wat ‘n klinkklare verduideliking bied waarom daar Apartheid moes gewees het, om hierdie land ordelik, veilg en aan die gang te hou. 

1) Eskom voorspel donker tyd tot aan die einde van die jaar. – Dit sou nooit onder Apartheid gebeur het nie, want in hierdie land was dit net Blankes wat ver vooruit kon dink en beplan. 

2) Zuma sê korrupsie is ‘n wit ding en nie deel van hulle kultuur nie. – Korrek. Daarom was Apartheid ‘n noodsaaklikheid. 

3) Wit Slawerny steek kop uit. – Daarom is hulle weg van Blankes gehou. Almal het nog die geskiedenis geken van Moorddrift en ander soortgelyke gebeure. 

4) Nkandlawurms teel aan. – Natuurlik sal die plek na twee jaar begin verval. Wat weet hulle van instandhouding af. Sien weer punt 1. 

5) Renosters word uitgeroei. –  Natuurlik, hulle het geen liefde vir die natuur nie. Waar het hulle op hulle eie natuurparke gestig of ‘n boom vervang wat hulle afgekap het. Net blankes doen sulke dinge. Daarom Apartheid. 

6) Parlement rafel uit. – Natuurlik. Dis gevul met LP’s wat net genoeg kan lees en skryf om rewolusionêr te wees. Demokrasie is vir ‘n volk met dissipline en gevorderde burgerskap. Dit is ‘n bestel wat ver van statte en stertrieme af is. Daarom was Apartheid verstandig gewees.

7) Poskantore wankel. –  Natuurlik, ‘n ras wat nooit ‘n geskrewe taal gehad nie, kan tog nie korrespondensie voer nie, en selfs ‘n posduif sou in die pot beland het. Dus was Apartheid die enigste oplossing.

8) Te midde van die algehele krisis in gesondheidsdienste en hospitale, moes Baragwanath-hospitaal nou operasies kanselleer a.g.v. ‘n gebrek aan narkose. ‘n Swart hospitaal, met blanke belastingbetalersgeld gebou, wat in daardie jare die grootste en bes toegeruste hospitaal in die suidelike halfrond was en wat talle oorsese studente getrek het vir hulle kennis van traumabehandeling en tropiese siektes. Dit is hoe goed Apartheid vir die swartes was.

9) Die lugmag en vloot kan nie meer funksioneer nie en die leër is ‘n grap. Natuurlik, dit is deur die Apartheidsregering gevestig en verder ontwikkel en daarna nie in stand of paraat gehou nie..

10) Munisipale beamptes in Tshwane verorber R15 miljoen se kitskos in ‘n maand, en dan word blankes geteiken wanneer krag afgesluit word omdat hulle miljarde aan Eskom skuld – . Natuurlik, ons hou nie van hulle nie en hulle haat ons. Daarom was Apartheid noodsaaklik. 

Hierdie is maar net enkele voorbeelde. Die wrede volksmoord, en aanrandings op weerloses, omdat hulle soos wilde diere in troppe jag, sou ook nie onder Apartheid plaasgevind het nie, want hulle bloeddorstigheid was algemene kennis.

Wat my nou ten slotte bring by ons vryheidstrewe. Daar word uit verskillende oogpunte gekyk na oplossings vir die ernstige probleme waarmee ons te kampe het – ‘n volk wat uitsterwing in die gesig staar. Wat daar ookal besluit word, moet ons onsself daaraan herinner dat Apartheid die politieke beliggaming van selfbeskikking was en dat enige iets wat ons probeer wat deur politieke korrektheid bepaal gaan word en woorde soos multi-kultureel, veelrassigheid en die res van die gedreun van die linkses gaan insluit, by die deur uitgesmyt moet word.  

Onafhanklikheid in die volle betekenis van die woord is waarna ons streef. Troospryse, politieke gedienstigheid en vertroue in politieke leiers wat dit nie waardig was nie, het ons gebring waar ons is. Laat ons die vryheidstrewe jaloers bewaak, oopkop wees en ons nie met slaprieme, vae beloftes en lugkastele laat vang nie.

 

Bettie Annoniem