Die Russe kan dit doen

Die Russe sê hulle kan met die mees moderne toerusting, Suid-Afrika se kernkragsentrales oprig en is 100% seker dat hulle aan alle vereistes kan voldoen.

In ’n verklaring het Rusland se Minister van Natuurlike Hulpbronne gesê hulle sal die mees gevorderde stelsels oprig indien die kontrak aan hulle toegeken word as die voorkeur verskaffer.

Minister Sergei Donskoi sê dat Rusland nie net die mees moderne stelsel sal oprig nie, maar ook die veiligste opsie sal toepas.

“Samewerking met Rusland sal Suid-Afrika help om sy potensiaal in wetenskap en kernnavorsing verder te ontwikkel,” het hy gesê.

Foto – Sergei Donskoi